Op 19 Junie 1840 is Wellington tot ’n afsonderlike gemeente in die amptelike staatskoerant geproklameer. Die Stellenbosch Libertaskoor is bevoorreg om deel te wees van die 175ste Herdenkingsfees van die N.G. Moederkerk, Wellington. Onker leiding van Johan de Villiers sal die Libertaskoor verskeie koorwerke en liedere uit hul uitgebreide en uiteenlopende repertoire uitvoer.
Meer inligting binnekort beskikbaar.