Die taal- en kultuurverskeidenheid van die Libertaskoor se koorlede weerspieël, soos ook ons sang, die kaleidoskoop van die Suid-Afrikaanse samelewing. Die meeste koorlede is afkomstig uit Stellenbosch en omgewing en koorlede reis gemiddeld 25 kilometer per motor, taxi of te voet na kooroefeninge. Die ongeveer 90 lede se huistale is Afrikaans, Engels, Xhosa en Sotho. Die meeste koorlede praat Afrikaans by die huis. Die beroepe wat ons koorlede beoefen, wissel van aktuariële wetenskap, arbeidsterapie, joernalistiek, onderwys, motorwerktuigkunde en kinderoppaswerk tot teologie! Koorlede is ook leiers of dirigente by ander kore soos kerk-, skool- en gemeenskapskore. Die ervaring wat hulle hier by ons opdoen, word in dié kore teruggeploeg.

Nuwe lede word jaarliks in Januarie genooi vir oudisies. Kontak ons gerus indien jy belangstel om ‘n lid van die Libertaskoor te word.